{"product_id":"9781770225114","title":"Idees Vol Vrees Volume 2","description":"Kobus Galloway se Idees Vol Vrees-tekenprente is nou nóg meer bekend as wat dit ’n jaar gelede was: sy aanhangers op Facebook het verdubbel tot meer as 50?000, en die eerste IVV-boek was ’n enorme sukses. Hierdie ongewone, spitsvondige en grappige Afrikaanse tekenprente, wat gewoonlik gepaard gaan met dubbelsinnige eenreël-woordspelings, is ’n groot gunsteling onder Suid-Afrikaners. Wonderlik vir die klaskamer, om braaipraatjies aan die gang te kry of selfs die koffietafel!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e Idees Vol Vrees Volume 2 bevat meer as 150 tekenprente, waaronder die gewildstes (dié waarvan Facebook-gebruikers die meeste hou), en meer as 100 nuwe tekenprente wat nog nêrens anders verskyn het nie. Dit is ’n moet-hê vir die tienduisende bestaande bewonderaars, en sal ongetwyfeld ’n hele klomp nuwes lok. As ’n bonus het ons ook 50 van Kobus se oorspronklike eenreël-woordspelinggrappies by IVV Volume 2 ingesluit wat jou sal laat skaterlag en vra na meer.","brand":"Penguin Random House South Africa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":46636635881713,"sku":"9781770225114","price":6.0,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0674\/5433\/7265\/files\/9781770225114_p0.jpg?v=1765527760","url":"https:\/\/shop.barnesandnoble.com\/products\/9781770225114","provider":"Barnes \u0026 Noble","version":"1.0","type":"link"}